0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (12)
  • R250 - R500 (7)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 19 of 19 matches in All Departments

Mirre (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Mirre (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R370 R269 Discovery Miles 2 690 Save R101 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe onmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?

“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”

Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.

Buitendien, sy verstaan waar die ‘beast’ in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.

Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.

Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Anoniem (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Anoniem (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R350 R259 Discovery Miles 2 590 Save R91 (26%) In Stock

Kan jy vlug van wie jy regtig is?

Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.

Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het?

Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

Marilyn (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Marilyn (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R280 R205 Discovery Miles 2 050 Save R75 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is.

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe.

Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.

Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het.

Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ‘n mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...

Mirre (Afrikaans, Large print, Paperback): Chanette Paul Mirre (Afrikaans, Large print, Paperback)
Chanette Paul
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?

“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”

Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.

Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.

Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.

Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk)
Chanette Paul
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Corali (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R380 R279 Discovery Miles 2 790 Save R101 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Droomvanger (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Droomvanger (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R380 R279 Discovery Miles 2 790 Save R101 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.

Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie.

Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.

Lira (Afrikaans, Large print, Paperback): Chanette Paul Lira (Afrikaans, Large print, Paperback)
Chanette Paul
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed.

Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie.

Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.

Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.

Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak.

Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.

Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.

Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.

Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.

Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie.

En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.

Isabelle (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Isabelle (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou.

En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.

Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 7 - 11 working days

In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier?

En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?

Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul 1
R350 R259 Discovery Miles 2 590 Save R91 (26%) Ships in 7 - 11 working days

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.

Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.

Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.

Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.

Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans?

Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.

Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie.

Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?

Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul 1
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Die Davelvroue bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah en Isabelle, Maryn en Fleur. Die reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde.

Tamara (1899 – 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?

Murasie (Paperback): Chanette Paul Murasie (Paperback)
Chanette Paul
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel.

Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters – die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste ’n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop.

Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes aflê. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy ’n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand – raaiselagtig genoeg, telkens op ’n betekenisvolle datum.

Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar ’n huurpag op ’n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop – nie soseer met geld nie, maar met ’n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug ná ’n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. ’n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.

Lira (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Lira (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R280 R205 Discovery Miles 2 050 Save R75 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.

Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.

Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.

Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.

Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.

Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.

Sacrificed (SA Uitgawe) (Paperback): Chanette Paul Sacrificed (SA Uitgawe) (Paperback)
Chanette Paul
R375 R322 Discovery Miles 3 220 Save R53 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughter’s family origins, it becomes clear that that country’s colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father’s premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
South African Family Law
Paperback  (5)
R952 R860 Discovery Miles 8 600
Foodies Of South Africa - Kitchen…
Jean Winshaw, Kelsey Dobie, … Hardcover  (4)
R390 R305 Discovery Miles 3 050
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Shield Fresh 24 Gel Air Freshener…
R31 Discovery Miles 310
Hot Wheels Aluminium Bottle…
R128 Discovery Miles 1 280
Cadac Jet No 21 For Cadac Cooker (2…
R54 Discovery Miles 540
Slippers
R57 Discovery Miles 570
Rotatrim A4 Paper Ream (80gsm) (Box of…
 (1)
R499 R450 Discovery Miles 4 500
Bostik Glue Stick - Loose (25g)
R22 Discovery Miles 220

Partners